Bekende tehuis maak speelgoed vir liefdadigheid

Die inwoners van 'n bekende tehuis vir bejaardes in Capital Park het onlangs 'n speelgoed kompetisie gehou.

Emily Hobhouse tehuis vir bejaardes in Capitalpark het onlangs ‘n speelgoed kompetisie gehou.

Dit was ‘n Emily Hobhouse tehuis dienssentrum-projek en die kompetisie het aan inwoners die geleentheid gebied om hul vernuf te wys deur self verskeie speelgoed te maak. Die handewerk is beoordeel om ‘n wenner aan te wys. Uiteindelik word die speelgoed aan die Pretoria skool vir gestremdes geskenk.

Die kompetisie het Woensdagoggend op ‘n hoë noot geëindig met drie bekende beoordelaars, Robbie Wessels, Rouel Beukes en El van der Merwe, Queen of the Ramp Africa 2014 en Mevrou Suid-Afrika 2010.

Rob Botha, voorsitter van Emily Hobhouse se dienssentrum, het die geleentheid gereël en sy vrou Anita het gesê hulle beplan om die kompetisie ‘n jaarlikse instelling te maak.

“Ons het gevoel dat ons die oumensies wil betrek en hulle geleentheid gee om by te dra tot ‘n goeie doel en so betrokke te raak by die gemeenskap,” het Anita gesê.

Volgens San-Marie Swanepoel, assistent-bestuurder van die tehuis, het hulle nie net speelgoed ontvang nie, maar ook truie, mussies en serpe om vir die kinders te gee.

“Die mense het hierdie kompetisie vreeslik geniet. Die doel van die kompetisie was meer om die mense van die tehuis betrokke te kry en hoewel ons baie sterk voel oor kinders, wil ons graag in die toekoms vir ander behoeftigdes en liefdadigheidsorganisasies ook gee,” het Swanepoel gesê.

Die tehuis het ook inwoners uit na hulle Kersmark genooi wat 19 November by die tehuis gehou word. Volgens Rob gaan dié dag ook vir die tehuis ‘n geleentheid bied om vir die gemeenskap te wys wat hulle kan doen.

Vir meer gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version