Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Lentestemme bekoor met Pretoria gedigte

Digters het gedigte oor Pretoria voorgelees.

“Pretoria besit ‘n skat van onsaglike waarde in sy groot getal digters wat die stad se lof besing.” Aan die woord was Pretoriase digter en skrywer Fred Boshoff, by geleentheid van die Lentestemme in Pretoria-geleentheid.

Die geleentheid is aangebied deur die diggroepe, Lief vir Afrikaans Uitgeprop, Spertyd-digters en Cool Capital Biennale.

Boshoff was eregas by die geleentheid en het die gaste in verwondering gehad met gedigte uit sy bundel, Hologram van God en die verklankte weergawes van sy gedigte, gesing deur Eva Mouw.

Die ongeveer 20 digters het gedigte oor Pretoria wat hulle spesiaal vir die geleentheid geskryf het, voorgelees.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, besoek Rekord op Facebook en Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button