Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Joost hou familiedag by Botaniese Tuin

Familiedag by Botaniese Tuin 'n groot sukses.

Joost van der Westhuizen het Saterdag (18 Oktober) ’n familiedag by die Pretoria Botaniese Tuin gehou.

Die doel van die dag was om geld in te samel vir Joost se eie mediese kostes om sy motorneuronsiekte (MNS) te behandel. Behandelingskostes vir MNS is hoog, en mense wat die siekte het kort geldelike steun.

Bekende Afrikaanse sangers soos Juanita du Plessis, Pieter Koen, Albert de Wet en Amor Vittone het ter ondersteuning van Joost opgetree. Gesinne, van jonk to oud, het hulself geniet en saamgesing aan bekende treffers soos Skarumba en Voluit Lewe.

Die dag het nie net oor musiek gegaan nie, maar ’n geleentheid vir families en vriende gebied om die dag saam te geniet. Daar was ’n klein mark, met alles van gekleurde kontaklense, speelgoedgewere en heuning tot hondeklere en sagte toffies, te koop. Die warm weer het tot die plesier van die dag bygedra. Die pragtige Botaniese Tuin was die perfekte plek om die geleentheid te hou.

Vir meer nuus en gemeenskapsgallerye, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button