Gilde vier hul 25e bestaansjaar met boeremusiekkompetisie

Die Boeremusiekgilde van Suid-Afrika het onlangs hul 25e bestaansjaar gevier.

Die Boeremusiekgilde van Suid-Afrika het Saterdag hul 25e bestaansjaar met hul jaarlikse nasionale boeremusiekkompetisie gevier.

Sowat 17 orkeste van regoor Suid-Afrika het vroeg Saterdagoggend by die Voortrekkermonument bymekaar gekom om deel te neem.

Die Boeremusiekgilde is op 9 Oktober 1989 gestig en hierdie jaar het die kompetisie vyf beoordelaars gehad, wat almal self musikante is.

Volgens Wessel Potgieter, een van die organiseerders, is daar ook ‘n damesorkes wat al vir die afgelope vier jaar aan hierdie kompetisie deelneem.

Madelein Potgieter, wat die konsertina speel in dié orkes, sê dat die groep sowat sewe jaar gelede gestig is, toe ‘n paar vrouens bymekaar gekom het.

Die kompetisie het baie streng kriteria waaraan die kompeterende orkesse moet voldoen om goeie punte te verower.

Vir gaste was daar ook verskeie stalletjies, met gunstelinge soos pannekoek en vetkoek waaraan hulle kon smul.

Vir meer gemeenskapsnuus, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version