Nagskof bekoor

Nagskof het share by vermaak.

Nagskof, die Afrikaanse musiekgroep het gisteraand die skare in Firkin in Centurion met hul pragtige musiek bekoor en vermaak.

Die groep bestaan uit ‘n egpaar, Liezel en Izak Vorster, kitaarspeler Jannie Lategan en ’n drommer, JP van Schalkwyk. Die groep maak al sedert 2009 musiek maar het nou eers hul eerste CD met 11 snitte bekend gestel wat hulle twee jaar geneem het om te produseer.

Die CD’s is slegs beskikbaar by hul vertonings of dit kan aanlyn bestel word deur hul webtuiste: www.nagskof.co.za

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version