Community galleriesGalleriesLocal newsNewsUpdate

Wit duiwe van vrede vir pa na frats ongeluk

Die roudiens vir Tinus Engelbrecht is afgesluit met die vrylating van verskeie wit duiwe as simbool van vrede.

Familie en vriende van Tinus Engelbrecht wat verlede Vrydag in ‘n fratsongeluk in Haakdoornboom dood is, het Donderdagmiddag by die NG-kerk Villieria hul laaste eer betoon.

Sy vrou, Nicolene en twee seuns, George en Nico, is Donderdagmiddag deur familie en vriende omring toe hulle vir Engelbrecht gegroet het.

Die afskeidsgroet van die familie het as volg gelui: Op 26 September is skielik en onverwags van ons weggeneem my eggenoot, ons pa, broer en vriend. Al verstaan ons dit nie en is daar vrae in ons harte, wil ons op U o Here vertrou! God het ook belowe dat elkeen wat in Hom sterf ook in Hom sal lewe. Op hierdie belofte vertrou ons en dank die Here vir die 53 jaar, 10 maande en 24 dae wat Tinus aan ons geleen was om ook op aarde sy werk af te handel.

Engelbrecht se seun George het die bedankings tydens die diens gedoen.

“Ek dank die Here dat hy ons gedra het deur hierdie moeilike tyd. Daar is soveel mense wat ons ondersteun het en ons sê dankie vir al die gebede en boodskappe, dit gee ons elke dag die hoop dat more gaan beter wees,” het George gesê.

Wit duiwe is na die diens vrygelaat om agter die lykswa aan te vlieg, as simbool van vrede vir die wat agterbly en vir Tinus wat na sy ewige woning toe terugkeer.

Engelbrecht se gesin en sekere familielede het elk ‘n duif vasgehou en vrygelaat as teken van hierdie vrede.

Vir meer nuus, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

Lees ook: Man dood ná trekker op hom val

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button