Community galleriesGalleriesLocal newsNewsSchools

Skool samel geld in om hul veiligheid te verseker

Skool hou 'n geldinsameling om ’n beter sekuriteitstelsel by die skool te installeer nadat die skool in September beroof is.

Meer as ‘n duisend mense het Laerskool Wonderboom-Suid se geldinsamelingsgeleentheid in die vorm van ’n Afrikaanse musiekfees ondersteun.

Die skool het die fees gehou om geld in te samel vir ’n beter sekuriteitstelsel vir die skool nadat hulle op 8 September beroof is.

Die skool is vanjaar 101 jaar oud en ten spyte van talle briewe wat hulle aan die Departement van Onderwys gestuur het, ontvang hulle geen hulp of ondersteuning vir die beveiliging van die onderwysers en leerlinge nie.

Verskeie bekende kunstenaars het opgetree. Legend Events het die geleentheid vir die skool met ’n bekostigbare paket moontlik gemaak. Die seremoniemeester was Schalk, die komediant van Doringdraad. Ollie die sangende nar het die kinders vermaak. Liza Bronner, Arno Jordaan en Bobby van Jaarsveld was die ander trekpleisters.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button