Pretoria Noord Aanbiddingsentrum hou Jesus Walk

Pretoria Noord Aanbiddingsentrum het hul jaarlikse Jesus Walk gehou en meer as 300 mense het die geleentheid bywoon.

Die Pretoria Noord Aanbiddingsentrum het Saterdag hul jaarlikse Jesus Walk deur die strate van Pretoria Noord gehou.

Die doel van die Jesus Walk was om die inwoners, kerke en besighede in die omgewing te seën.  Pastoor Henri Wilson het gesê hulle bid teen misdaad, substansieverslawing, prostitusie, gesinsgeweld, en ander probleme in die omgewing.

“Ons is hier om die gemeenskap op te bou en om God se Woord te versprei. God het ons gekies om hierdie aksie uit te voer en deur die Jesus Walk gaan ons ook mense se siele red,” het Wilson gesê.

Die kerk en inwoners het 4,5km deur die state geloop en ’n kruis gevorm.

Die Jesus Walk het onder polisie-begeleiding plaasgevind en daar was ook ‘n ambulans aan diens om met enige noodgevalle behulpsaam te wees.

Impact Radio het vanaf die sentrum uitgesaai.

Vir meer oor die Pretoria Noord Aanbiddingsentrum besoek hul webwerf op www.aanbidding.co.za

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, besoek Rekord se Facebook en Twitter blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version