Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Komedie laat gehoor skater

Die teaterstuk, Kop Onderstebo, is Vrydagaand 26 September in die Pierneef-teater opgevoer.

Die teaterstuk, Kop Onderstebo, is Vrydagaand 26 September in die Pierneef-teater opgevoer.

Hierdie komedie het gesorg vir histeriese lagbuie by gehore by die Innibos Nasionale Kunstefees – dit was egter lag met ’n traan..

Bernadette, briljant vertolk deur die sepiester, Carina Nel, is ’n geoktrooieerde rekenmeester met ’n obsessief-kompulsiewe gedragspatroon. Sy kom ure voor haar troue by ’n klein haarsalon op Brits aan waar Sonja haar hare vir haar sou doen, maar Sonja is nÍrens te vinde nie.

Jackie, ietwat van ’n loskop-dolla en heeltemal te eerlik vir die deursnit lede van die samelewing, is wel daar en beloof om Bernadette se hare net so mooi as Sonja te doen.

Die twee karakters, wat wêrelde ver van mekaar op die sosiale spectrum staan, moet noodgedwonge ’n hele paar struikelblokke saam oorkom om te verseker dat die bruid betyds by die kerk kom. Tussen al die chaos deur, plant Jackie, sonder dat sy wou, nuwe denkrigtings en idees in Bernadette se kop en gooi sommer ook ’n hele paar stuiwers in Bernadette se taalkis. Voor een van die twee kan keer, sit Bernadette kop onderstebo in die middel van haar droomwÍreld.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button