Kerk hou jaarlikse fees

Kerk hou hulle jaarlikse Oppiebergfees by Hoërskool Wonderboom, en dit was 'n groot sukses.

Die NG-kerk Rietfontein-Noord het hul jaarlikse Oppiebergfees hierdie jaar by Hoërskool Wonderboom gehou.

Die fees het Vrydag 26 September met ’n Battle of the bands en ‘n kaskarresies begin. Die fees is ‘n geldinsameling vir die kerk. Op Saterdag 27 September was dit Mnr, Mej en Mev Moot Modeparade wat al vir ses jaar deur Nadine Barkhuizen georganiseer word. Die doel van die modeparade is om die deelnemers se selfvertroue en persoonlikhede te toets.

Daar was 44 stalletjies en vermaak vir die kinders soos springkastele en ook ‘n pretloop. Die leerlinge het mini-krieket en raakrugby gespeel.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, besoek Rekord op Facebook en Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version