Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Vriende van Magalies vier Erfenisdag

Die Vriende van Magalies wil graag 'n liefde vir die buiteling en natuur kweek by die gemeenskap.

Die Vriende van Magalies het op Nasionale Braaidag ‘n bosbraai net agter Hoërskool Wonderboom gehou.

Dit was ‘n heerlike dag onder die groot bome in die berg.

Verskeie aktiwiteite is vir ieder en elk georganiseer.

Om 08:00 was dit die Bootcamp se beurt wat deur Herbalife aangebied is. Daarna was dit fietsry. Die pragtige bergpaadjie is deur Heinrich Moldenhauer van Vriende van Magalies uitgelê. Corlien van Walk for Life het stappers op ‘n staptog geneem om die uitsig te geniet.

Die ander gaste, het gekuier en onder die bome gebraai. Die groep wil graag die gemeenskap meer betrokke kry en by hulle gevoelens van liefde en respek vir die buitelewe aankweek. Daar word gekonsentreer op projekte vir jongmense soos perdry en hulle het ook ‘n vakansieprojek.

Vir meer Erfenisdag nuus en gallerye, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button