Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Tradisies en kultuur by Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument het Erfenisdag in styl gevier.

Die Voortrekkermomunent het op Erfenisdag ‘n Afrikaners is plesierig-dag aangebied.

Verskeie stalletjies by ‘n antiekemark, rieldanse, volkspele, ATKV-sangers en vele meer het vir ‘n dag vol pret gesorg.

Anneliese van Aardt, een van die dag se Voortrekkervrouens by die kultuurdemonstrasie, het oor die belangrikheid van Erfenisdag gesels.

“Vandag se kinders leer nie meer oor al die tradisies van die Afrikaanse volk nie en dit is belangrik om te weet waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is,” het Van Aardt gesê.

Haar man, Johan, wat ook vir die dag in traditionele Voortrekkerdrag gekleë was, het dit opgesom: “Die saad van die verlede dra sy vrugte in die hede”.

Daar was ook ‘n Ons erfenis-kookkompetisie waar die Erfenisstigting agt verskillende potjiedisse gemaak het om beoordeel te word.

Allerhande heerlike kosstalletjies, ingelegde produkte, snuisterye en handwerk was te koop.

Vir meer Erfenisdag nuus en gallerye, besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button