Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Pret en plesier by mandjiedans

Die mandjiedans wat onlangs by Jakaranda-kinderhuis gehou is, het vir baie pret en plesier gesorg.

Die Jakaranda-kinderhuis het Dinsdagaand hul saalvloer aan die brand gedans met hul Wild West Country-mandjiedans.

Bekendes soos Billy Forrest en Rinél Day, om ‘n paar te noem, het gehelp met die vermaak.

“Kinders neem my na aan die hart en enigiets wat ek kan doen, nie net vir Jakaranda se kinders nie, maar vir alle kinders, maak my gelukkig,” het Rinel gesê.

Die groep, 1925-band, was ook by die geleentheid. Hulle is sedert die kinderhuis se liggiefees verlede jaar aktief betrokke by die Jakaranda-kinderhuis.

Die groep bestaan uit broers Réno, Jeff en David-Lee Gericke.

“Hierdie is Suid Afrika se nuwe generasie, ons moet help om hulle op te bou. Ons doen dit met musiek,” het David-Lee gesê.

Volgens Christo Louw, woordvoerder van die Jakaranda-kinderhuis, hou die huis elke paar maande soortgelyke funksies, om ‘n vriendelike omgewing vir hul kinders te skep.

Vir meer gemeenskapsnuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button