Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNews

‘n Karnaval vir Erfenisdag

Die Menuah Spa in Constantiapark het onlangs 'n karnaval gehou.

Menuah Spa in Constantiapark het Woensdag ‘n Carnaval & Fair gehou, met stalletjies, pryse, wynproe, ‘n modeparade en verskeie musiekkunstenaars wat gaste op Erfenisdag vermaak het.

Met kunstenaars soos Elizma Theron, Nicholas Louw, Dewald Steyn en vele meer, kon gaste saamsing met bekende liedjies van dié kunstenaars.

Gaste was oorweldig deur al die pret en gaande oor die sangers wat opgetree het.

Magda Hulley, wat die dag bygewoon het, het gesê die dag het vir haar heeltemal te kort gevoel.

“Dit was keurig en professioneel gedoen en die intieme, persoonlike atmosfeer was wonderlik. Nicholas was beslis ‘n hoogtepunt gewees.”

Nog ‘n gas, Mouraine Grobler, was ook beïndruk met Nicholis Louw se optrede.

“Dit was ‘n wonderlike dag en daar was ‘n paar rokke wat tydens die modeparade uitgestaan het, maar Nicholis Louw het my dag gemaak,” het Grobler gesê.

Nicholas het vir Rekord vertel hoe belangrik Erfenisdag vir hom is.

“Dit is ‘n spesiale dag omdat ons land so ‘n ryk geskiedenis het. Dit is ‘n dag waar mens moet dink aan hoe ons ons erfenis kan bou deur nuwe erfenisse vir ons kinders en kleinkinders te skep. Mense is geneig om aan al die negatiewe geskiedenis te dink, maar ons het ook soveel positiewe dinge in ons geskiedenis.”

Vir meer Erfenisdag nuus en gallerye, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button