Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Laerskool Constantiapark vier Erfenisdag saam met Motheong Primary

Twee skole het Woensdag saam Erfenisdag by Laerskool Constantiapark gevier.

Laerskool Constantiapark het Woensdag Erfenisdag met verskeie opvoerings en sowat 50 stalletjies gevier.

Die skool het ook die Suid-Afrikaanse landsvlag met kleurvolle klere op die rugbyveld uitgebeeld, terwyl almal die volkslied gesing het.

Die skoolhoof, Dr. Louis Dey, was ingenome met die ouers se opkoms.
”Dit is ongelooflik hoeveel mense vandag opgedaag het, mense wat bereid was om hul vakansiedag saam met ons te kom geniet en die kinders te kom ondersteun,” het Dey gesê.

Motheong Primary School van Atteridgeville is ook genooi om die dag saam te kom vier.

Die koordineerder van Motheong, Gregory Lediga, was optimisties.

“Hierdie dag gee almal in Suid-Afrika die geleentheid om ons kinders te leer van ons verskillende kulture wat van ons ‘n reënboognasie maak,” het Lediga gesê.

Vir meer Erfenisdag nuus en gemeenskapsgallerye, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button