Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Kinders geniet hul kindermusiekklasse

Ouers en hul kinders het kindermusiekklasse vreeslik geniet.

Ouers in die Moot het Saterdag die geleentheid gehad om te sien hoe hul kinders vordering maak met die kindermusiekklasse wat hulle by Carien de Villiers bywoon. Die kinders het in die NG-kerk Moot beurte gekry om hul vaardighede ten toon te stel.

Carien het verduidelik dat die kindermusiekprogramme belangrik is vir die stimulasie van ‘n kind se brein en denke. Carien sê dat dit alle dele van die brein ontwikkel en dat dit ‘n proses is wat elke kind teen sy of haar eie tempo volg.

Carien sê die hele kindermusiekprogram is op beweging geskoei omdat navorsing aandui het dat beweging die leerproses by kinders stimuleer en die neurologiese bane in die brein word ook versterk en dat dit ook help met konsentrasie.

“Vanaf 5 tot 7 jaar volg hulle die “Young Child”-program wat hulle geleidelik help om note te lees en die nodige vaardigheid te ontwikkel om eendag ‘n instrument te kan speel. Groot-motoriese ontwikkeling vind ook plaas. Oog-en-hand koördinasie word ontwikkel wat belangrik is vir skoolgereedheid en gesyferdheid,” het Carien gesê.

Die kinders het hulself geniet en die ouers en ander gaste kon tussenin smul aan heerlike worsbroodjies en ander versnapperinge.

Vir meer gemeenskapsnuus, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button