Community galleriesGalleriesLocal newsNews

JNS-musiekkonsert groot sukses

Die JNS-musiekkonsert was spesiaal georganiseer om onbekende kunstenaars 'n kans te gee om naam te maak.

Die JNS-musiekkonsert het Vrydagaand by die Pierneef-teater plaasgevind. Jannie du Toit, die bekende sanger, het die konsert georganiseer om onbekende kunstenaars die geleentheid te gee om hulself bekend te stel.

“Toe ek vroeg in die sewentigerjare begin het om te skryf en te sing, het ek dikwels gesê dat ek nie juis hoë ideale gekoester het nie, ek wou maar net ‘n lewe daarvan maak. Nou besef ek dat ek toe en nogsteeds, baie geleenthede gehad het om my droom te kon verwesenlik. Ek is bevoorreg om steeds geleenthede te hê en ek geniet dit nou meer as ooit,” het Jannie gesê.

Jannie het ook gesê dat hy baie jare gelede begin het om Afrikaanse musiek te bevorder. Hy probeer om kunstenaars die geleentheid te bied om hul eie unieke stem te ontdek en te bevorder.

Die aand was ‘n sukses en die vermaak was voortreflik.

Die kunstenaars wat opgetree het was: Jannie du Toit, Sunieda, Pierre Vee, Hardus Hartzenbergê, Sheraaz en Herman van den Berg en Charl Lamprecht.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button