Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Homemakers-ekspo in Pretoria

Die Homemakers-ekspo was 'n groot sukses gewees.

Die Homemakers-ekspo het verlede week by die Parkview-sentrum in die ooste van Pretoria plaasgevind. Die ekspo was die ideale plek om te gaan snuffel indien jy met opknappingswerk binne of buite jou huis besig is.

Daar was stalletjies met kombuiskaste, tuinprodukte, elektroniese toestelle, sekuriteitsopsies, beddens, masseringstoele, gordyne, eetgoed en meer beskikbaar.

Volgens Johandie Slabbert, kommunikasiebestuurder van die Homemakers-ekspo, is hierdie die 18e jaar dat die ekspo plaasvind. Aanvanklik is die ekspo op die skougronde gehou maar met tyd het die gebied om die skougronde agteruitgegaan en moes hulle ‘n nuwe plek kry.

Die Johannesburg en die Pretoriase ekspo’s het toe vir vyf jaar saamgesmelt, met die ekspo wat in die Dome in Johannesburg gehou is. Hierdie is die eerste jaar dat die ekspo weer in Pretoria plaasvind.

Die idee om ‘n ondergrondse lokaal te gebruik, het met hul ekspo in Port Elizabeth begin en daar is toe besluit om dieselfde in Pretoria te doen. Hierdie ekspo is in die ondergrondse parkeerarea van die Parkview-sentrum gehou.

Vir meer gemeenskapsnuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button