Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Erfenisdag op ‘n plot

Anton en Gerda Jansen het Saterdag hul eie erfenisdag gehou by hul plot op Garsfonteinweg-verlenging.

Anton en Gerda Jansen het Saterdag hul eie erfenisdag gehou by hul plot op Garsfonteinweg-verlenging. Hulle het die dag herdenk om die gemeenskap meer bewus te maak van ons ryk geboue-erfenis en om almal meer aktief betrokke te kry in die bewaring daarvan.

Anton het vertel dat die ou Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) se wapenskild in die ou Raadsaal op Kerkplein deur die bekende beeldhouer Anton van Wouw aangebring is. Na die Anglo-Boereoorlog het die Britse regering die wapenskild verwyder en die Britse wapen in die plek daarvan geplaas.

In 1960 het die Nasionale Party weer die Britse wapenskild verwyder en weer die ZAR wapen aangebring. Anton het brokstukke van die Britse wapen in ‘n stoorkamer van die destydse Provinsiale Administrasie-geboue gevind.

Na verskeie onsuksesvolle vertoë aan die metro om die wapen op Kerkplein aan te bring, het hy die wapenskild op sy eiendom opgerig. Dit is maar een van verskeie historiese gedenkstukke op sy eiendom.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, besoek Rekord se Facebook page en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button