Community galleriesGalleriesLocal newsNews

CHAIR-I-TEA maak vrouens bewus van onbeplande swangerskap

'n CHAIR-I-TEA is Saterdagoggend in die ou Lyttelton-stadsaal in Centurion gehou.

‘n CHAIR-I-TEA is Saterdagoggend in die ou Lyttelton-stadsaal in Centurion gehou. Volgens die organiseerder van die dag, Lizelle Strydom, is die gebeurtenis beplan om geld in te samel om die gemeenskap bewus te maak van die dienste wat hulle lewer aan meisies wat onbepland swanger raak.

Strydom het gesê dat die dag ook ten doel gehad het om vrouens bewus te maak van die wonder van lewe en die hele ontwikkelingsproses van ‘n fetus in die baarmoeder – dat die hart van ‘n fetus al op drie weke begin klop.

Die vroue moes opnuut weer die kosbaarheid en wonder van die fetus verstaan en die implikasies van aborsies besef.

Strydom sê hulle wil meisies wat onbepland swanger raak, weer hoop gee dat daar wel mense is wat vir hulle omgee en na hulle wil luister.

Elke tafel het ‘n gasvrou gehad wat haar tafel moes versier en versnapperings vir haar gaste voorsien het. Die tafels is beoordeel en pryse oorhandig.

Vir meer gemeenskapsnuus, besoek Rekord se Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button