Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Jolifikasie-fees ‘n sukses

Die Gemeenskapkerk in Pretoria-Noord en Schoonraad Management en Events het hul Jolifikasie-fees op Saterdag ten bate van die Loerie-jeugsentrum in Bronkhorstspruit by Mon Sha-Mia in Akasia gehou.

Die Gemeenskapkerk in Pretoria-Noord en Schoonraad Management en Events het hul Jolifikasie-fees op Saterdag ten bate van die Loerie-jeugsentrum in Bronkhorstspruit by Mon Sha-Mia in Akasia gehou.

Die dag was ’n behoorlike fees met ‘n kinderhoek met Ollie die singende nar, Makitie se kindervermaak en gesigverf. Kinders het dit geniet om op die springkasteel te speel. Daar was ook ‘n biertuin met die SA teen Australië toets op die groot skerm. Vir die ouer mense was daar wyn, mampoer, kaas en biltong. Daar was ook ‘n Mej Jolifikasie-kompetisie.

Op die verhoog was Quentin Prinsloo, Franja du Plessis, Jaycee Crause, Albert de Wet, Jacques du Plessis, Anton L’Amour en die hoofkunstenaar Theuns Jordaan.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button