Kuier-aand saam met Brood vir Nood

Gaste het die Brood vir Nood-projek funksie geniet.

Op 22 Augustus het die NG-kerk Rietfontein-Suid ‘n funksie aangebied ten bate van die Brood vir Nood-projek. Lena Naude het ‘n funksie van hoogstaande gehalte aangebied.

Ds Leon van Heerden het vir die gaste ‘n boodskap gebring met die tema: Dood en lewe lê in die mag van die tong.

Gaste is ook vermaak deur die sanger Pierre, met liedjies van Frank Sinatra, soos New York, New York. Sy weergawe van The Great Pretender het die gaste gaande gehad. Pierre het vir die gaste gesê dat Jesus Christus in beheer is van ons land en dat Hy Suid-Afrika gaan laat blom. Ons kan almal uitsien na ‘n “Nuwe dag wat kom”.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, volg Rekord op Twitter en ‘like’ ons op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version