Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Populêre liggiefees binnekort weer te sien

Die NG-kerk Wonderpark se tweejaarlikse liggiefees is weer aan die gang.

Hierdie jaar is dit weer tyd vir die NG-kerk Wonderpark in Amandasig se Liggiefees wat elke twee jaar plaasvind.

Met gunstelinge soos boereworsrolletjies, vetkoeke en pannekoek kan gaste heerlik smul terwyl bekendes soos Bok van Blerk en Bobby van Jaarsveld beloof om dit ‘n onvergeetlike fees te maak.

Een van die gemeentelede, Johan van Heerden, sê die fees bied geleentheid vir die gemeente om mekaar beter te leer ken en vir almal om by die gemeente in te skakel.

“Die liggiefees het ons kerkbasaar vervang en al word dit net eenkeer elke twee jaar gehou, is dit iets unieks om na uit te sien. Dit hou ook natuurlik ‘n hele week lank aan en dit bied genoeg geleentheid vir almal om deel te hê aan die pret,” het Van Heerden gesê.

Volgens hom het gemeentelede uit verskillende wyke ‘n stalletjie om te beman en so sorg die kerk dat daar iets van alles vir gaste beskikbaar is.

Behalwe vir die heerlike kos en wonderlike vermaaklikheid bied die liggiefees ook ‘n kunsmark, feëtjieteetuin en jeugaktiwiteite vir die jonges.

Die liggiefees vind tot 31 Augustus plaas.

Vir meer gemeenskapsgallerye, ‘like’ Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button