Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Inspirasie vir Pretoria vroue by Vroue Wat Glo geleentheid

Vroue Wat Glo het onlangs 'n inspirerende geleentheid vir Christen vroue gebied.

Vroue Wat Glo het Saterdagoggend ‘n inspirasie uur geleentheid gehou by die Doxa Deo Oos Kampus Gemeente in Faerie Glen.

Die geleentheid het ‘n inspirerende praatjie deur Liesel Krause-Wiid en ‘n optrede deur die groep Anders ingesluit.

“My droom vir Vroue Wat Glo is dat Christen vroue oor kerk grense hande sal vat om saam ‘n verskil te maak in Suid Afrika. Ons, as kinders van die Here, moet saam staan. Elke vrou werk baie hard en het soveel rolle om te vervul. Vandag se geleentheid bied vir vroue rus en bemoediging,” het Krause-Wiid gesê.

Daar was heerlike kolwyntjies en koffie vir die gaste en elkeen is met ‘n gratis tydskrif huistoe na die geleentheid.

Volgens Karin Kriel, wat saam met haar man Jurie die Doxa Deo gemeente behartig, was sy baie opgewonde oor die dag.

“Ek het ‘n groot passie vir vroue en wil graag die vroue van Pretoria transformeer met Vroue Wat Glo,” het Kriel gesê.

Vir meer gemeenskapsgallerye, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button