Ouma Lenie van huis Hermon word 103

Ouma Lenie van Heerden bereik 'n mylpaal.

Ouma Lenie van Heerden van Huis Hermon het op 18 Augustus ‘n hele 103 jaar ‘jonk’ geword.

Haar geheue is nog glashelder en sy lees selfs nog haar tydskrifte en boeke sonder ‘n bril. Hoewel sy ‘n bietjie doof is en nie meer kan loop nie is sy nog heeltemal perdvris en gesond. Volgens ouma Lenie is sy so sterk en gesond omdat sy nooit iemand enige kwaad aangedoen het nie en omdat die Here haar ryklik seën.

Sy is in Pretoria gebore en het op ‘n plaas in Sterkfontein, naby Brits grootgeword. Hier het sy het tot op 23-jarige ouderdom by ‘n winkeltjie gewerk waarvan sy die naam vergeet het. Sy is toe getroud en het haar skoene as huisvrou volgestaan en baie kinders grootgemaak.

Ouma Lenie het ses kinders gehad, waarvan net twee nog leef – Rita van der Walt (67) en Elsie Tonkin (71). Dan is daar 13 kleinkinders en 27 agterkleinkinders.

Vandat sy nie meer kan loop nie, hou die oumatjie haarself besig met lees, geselsies met haar kinders en kleinkinders waneer hulle kom kuier en TV kyk. Sy is versot op 7e Laan. In haar jonger dae was sy bekend vir haar pragtige hekelwerk en het vir al die kinders skoene, kouse, lappies, kombersies en geskenke gehekel.

Hoogtepunte vir haar was al die vakansies wat sy saam met haar kinders geniet het. Hulle het graag Wildtuin en see toe gegaan, en ook Namibië besoek.

Ouma Lenie sê sy is op haar gelukkigste wanneer al haar kinders gelukkig is en sy weet dit gaan goed met almal. Sy het tot op 95 self in haar Gezina-woonstel huisgehou. Hierna het het sy by haar dogters gebly tot sy 100 geword het. Toe is sy na Huis Hermon waar sy steeds woon.

Volgens Suster Ilse Haasbroek van Huis Hermon het ouma Lenie nog ‘n fyn sin vir humor en is sy nog vol oulike idees: “Sy gebruik byna niks medikasie nie en haar gedagtes is nog helder en vars. Ons glo dat ons by Huis Hermon die oumense jonger verpleeg. Jy moet aktief bly, ‘n mens besluit self of jy 70 jaar oud of 70 jaar jonk.”

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version