Digbundel ‘Hologram van God’ is bekendgestel

Digter se debuutbundel, ‘Hologram van God’ is Saterdagoggend bekendgestel by Safari-restaurant.

Die debuutbundel van Fred Boshoff, ‘Hologran van God’ is Saterdagoggend tydens ‘n spesiale ontbyt by Safari-restaurant in Lynnwoodweg bekend gestel. Boshoff is ‘n subredakteur by Rekord.

Die bekendstelling was tydens die grootste Afrikaanse digblad of Facebook, Solovug, se jaarlikse ontbyt vir sy lede.

Die geleentheid is deur 45 Solovlug-lede, almal gepubliseerde digters, bygewoon.

‘Hologram van God’ is Fred Boshoff se debuut-solobundel, hoewel hy reeds op ander terreine gepubliseer het.

Die book is ‘n bundel wat uit opstelle en gedigte bestaan, en het een sentrale tema. Hologram beteken ‘eenheid’ of die ‘volledige storie’ of die interafhanklikheid van dinge.

“ ‘n Hologram is ‘n unieke driedimensionele foto wat met lasers geneem is. ‘n Spesiale kenmerk daarvan is dat jy dit met ‘n mikroskoop bekyk sal elke mikradeeltjie daarvan, die totale beeld wat afgeneem is bevat,” het Boshoff gesê.

“So is dit ook in die heelal, elke atoom in die heelal bevat al die kennis, al die wonder van die totaliteit van die heelal.”

Die boek is voorlopig by Fred Boshoff self beskikbaar teen R180 (posgeld ingesluit). Inboks Fred op sy Facebook-blad of e-pos hom by boshofffred@gmail.com

Vir meer nuus, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version