Lollos kuier in Centurion

Kinders het saam Lollos, Lettie en ander deur die ruimte, na Lalaland gereis.

Kinders het Saterdag saam Lollos en Lettie ‘n reis onderneem deur die ruimte tot by Lalaland. In hierdie reënboog-droomwêreld vol verrassings en lekkernye het allerhande wonderlike dinge en gediertes hulle ingewag.

Maatjies het heerlik saam gesing en dans en vir ‘n goeie doel.

Lollos het opgetree ten bate van “Shiloh Synergy” en JES (Jubilee Excelence Schools). Volgens die inligting op Shiloh Synergy se webtuiste streef die skool daarna om kinders ook vir die lewe voor te berei.

Aandag word gegee aan kinders se emosionele, intellektuele en fisieke ontwikkeling. Saam wil Shiloh Synergy en JES graag vir minderbevoorregte kinders voorskoolse onderrig bied met die fondse wat uit die optrede, Lollos 6, gespruit het.

Vir meer nuus en foto’s, volg Rekord op Twitter of besoek ons op Facebook.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version