Mandela DayNews

Jakaranda-kinderhuis geniet Mandeladag

Die Jakaranda-kinderhuis se deure word vandag deur weldoeners deurgetrap spesiaal vir Mandeladag.

Die Jakaranda-kinderhuis is opgewonde oor vandag se Mandeladag-vieringe en vir ’n goeie rede.

Dertien verskillende organisasies en besighede gaan op dié merkwaardige dag hul deel vir die kinderhuis as liefdadigheid doen. Die gemeenskap gaan ook hul deel doen.

Christo Louw, woordvoerder van die Jakaranda-kinderhuis, voel dankbaar oor die besige dag wat die kinderhuis vandag gaan geniet.

“Ons is dankbaar vir almal wat uit hul pad gegaan het om op Mandeladag iets vir die kinders te doen. Hulle waardeer dit,” het Louw gesê.

Volgens Louw gaan die Pretoriase blitspatrollie Mandeladag by die kinderhuis afskop met ‘n skoonmaak van die straat voor die kinderhuis. Ocean Basket Menlyn, gaan 67 maaltye vir dié kinders wat tydens die vakansie by die kinderhuis agtergebly het, bring. SARS bring donasies en voorrade vir kunsprojekte en gaan ook help om die aktiwiteitslokaal skoon te maak. ‘n Afdeling van ABSA bring spesiaal vir die dogters en jong dames van die kinderhuis persoonlike higiëniese benodighede. Nissan SA gaan twee palisadeheinings by die kinderhuis kom verf.

Verder gaan verskeie besighede en organisasies kos- en kleredonasies vir die kinderhuis bring, terwyl WF Kroon-projekte ‘n biljarttafel gaan skenk.

“Ons sien baie uit na die dag en wil vir almal bedank wat Mandeladag vir ons kinderhuis en al die kinders so ‘n onvergeetlike dag gemaak het,” het Louw gesê.

Vir meer nuus, ‘Like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button