Mandela DayNews

Hulle ‘vier die lewe’ op Madibadag

GROOTfm 90.5 en The Grove het saam met bekendes en die gemeenskap op Madibadag die lewe gevier.

Ten spyte van die geswoeg en gesweet het ‘n groep bekendes en die gemeenskap steeds breed bly glimlag toe hulle Vrydag Madibadag gevier het deur vir 67 minute lank ’n reeks hindernisse binne die Grove-winkelsentrum te voltooi. Die doel met die gebeurtenis was om geld vir gestremde kinders in te samel.

Dié viering en geldinsameling, wat deur GROOTfm 90.5 en die sentrum aangebied is, was om gestalte aan Madiba se visie te gee om vir elke kind ‘n gelyke kans te gee.

Die hindernisbaan, wat in die middel van die sentrum opgestel is, het uit vyf stasies bestaan wat elk 13 minute geneem het om te voltooi.

Bekendes soos Breyton Paulse, Dewald Wasserfall, David Fourie, Willem Botha, Monique Steyn, Hykie Berg, Jacques-Louis Potgieter, Vlok Cilliers, Liza Bronner, Lee Scott en Pieter Koen het almal hul staal gewys toe hulle vir 67 minute lank in aksie op die hindernisbaan was.

Altesaam 20 korporatiewe spanne, met vyf lede elk, het ook die kans gekry om te wys hoeveel keer hulle kan spring, klim, trap, hardloop en roei.

Die geld wat ingesamel is, sal aan Jumping Kids, ‘n organisasie wat vir gestremde kinders prostese verskaf, geskenk word sodat die kinders ook voluit kan leef.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Back to top button