67 Minute vir Operation Smile Suid-Afrika

Vrywilligers het Vrydag gehelp om die publiek bewus te maak van Operation Smile Suid-Afrika.

‘n Groep vrywilligers het Vrydag, 18 Julie gehelp om kopers by Irene Village Mall bewus te maak van gesplete lippe en -verhemeltes. Die vrywilligers het ook gehelp om fondse in te samel vir ‘Operation Smile Suid-Afrika, wat ‘n nie-winsgewende organisasie is.

Kinders is vermaak met gesigverf en die inkleur van lappoppe wat aan kinders in die hospitaal geskenk gaan word. Fondse is ook ingesamel vir Operation Smile SA.

Operation Smile SA is deel van ‘n internasionale organisasie wat gesplete verhemelte en gesplete lip (haaslip) by kinders gratis herstel en daarom maak hulle staat op mediese personeel wat hulle dienste gratis aanbied en donasies van die publiek om die hospitaalkostes te dek. Die koste van een só ‘n operasie beloop ongeveer R5500. Dit neem slegs 45 minute om die operasie uit te voer en iemand se lewe verewig te verander. Operation Smile SA is veral werksaam in Suid-Afrika, Madagaskar, Mosambiek, Rwanda, Malawi, die Kongo en Namibië. Vir meer inligting, klik hier.

Vir meer Mandela Dag 2014 stories, besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version