Sammy Marks se verjaarsdag gevier

Sammy Marks, die ongekroonde koning van Transvaal, se verjaarsdag is Saterdag by die Sammy Marks-museum gevier.

Die Sammy Marks-museum het Saterdag Sammy Marks, bekend as die ongekroonde koning van Transvaal, se verjaarsdag met ‘n familiedag en mark gevier.

Die verjaarsdag, wat eintlik op 11 Julie val, het gaste Saterdag met stalletjies, swaardgevegvertonings en ‘n geskiedenisryke modeparade vermaak.

Gaste van die dag het van regoor Pretoria gekom om die vieringe te geniet en die talle stalletjies se snoeperye en interessanthede te besigtig.

Een stalletjie, waar lekker gebak te koop was, is deur Barbara Roebeuk beman.

“Ons het vandag almal Victoriaans aangetrek, ter ere van Sammy Marks se verjaarsdag. Dit is baie lekker en beslis iets anders,” het Roebeuk gesê.

Johann Smith, voorsitter van die Collector’s Corner, het met ‘n stalletjie van die versamelaars van modelkarretjies gespog.

“Ons is ‘n Pretoria-gebaseerde groep wat elkeen ons eie versameling karretjies het en ons stal gereeld iewers uit. Die karretjies mag dalk nie te koop wees nie, maar dit is beslis indrukwekkend om na te kyk,” het Smith gesê.

Lekker warm sonskyn het dié dag opgehelder en dit het vir ‘n familiedag met ‘n verskil gesorg wat Pretorianers nog vir jare sal onthou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version