Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Kinderteater se ‘Marionette’ gewild

Die kinderteater wat gedurende die skoolvakansie by die Pierneefteater in aksie is, het Vrydag met 'n marionette-vertoning en 'n boekbekendstelling gespog.

Gesiggies het van blydskap gestraal toe Antoinette Snyman se Marionette die Pierneefteater se kinderteaterverhoog vroeg Vrydagoggend betree het. Die kinderteater word in skoolvakansies by die Pierneefteater aangebied.

Die sowat 60 laerskoolleerlinge van die Jo Christal Dramaskool in Pretoria, wat Vrydag se Marionette-vertoning bygewoon het, het sedert Dinsdag ‘n dramawerkswinkel bygewoon om vir ‘n konsert Saterdag voor te berei en om hul eie maskers vir die optrede te maak.

Die leerlinge het Vrydag eers rustig ontspan deur die marionette se optrede gade te slaan waarna hulle ‘n boekbekendstelling van Carina Stander se nuutste boek Wolkland bygewoon het.

Volgens Lian Bekker, woordvoerder van die Jo Christal Dramaskool, is dit die eerste keer in die sowat 23 jaar van die skool se bestaan dat hulle ‘n dramawerkswinkel vir die leerdlinge aanbied.

“Dit was ‘n reuse sukses en die leerlinge is almal baie opgewonde oor Saterdag se konsert waar hulle vir hul hul ouers gaan optree. Ons beplan om in die toekoms elke vakansie so ‘n werkswinkel vir die kinders te reël,” het Bekker gesê.

Dié dramaskool het nege skole regoor Pretoria vir beide laer en hoërskoolleerlinge.

Vir inligting oor die Jo Christal Dramaskool, kontak vir Tiaan Lubbe by 083-781-1445 of jochristaldramaschool@gmail.com.

Marionette sal weer op 18 Julie by die Pierneefteater te siene wees vir diegene wat dit gemis het.

Om meer uit te vind oor die program van dié vakansie se kinderteater, volg die skakel https://www.pierneefteater.co.za/program.html. Vir kaartjies, kontak Jopie by 012-329-0709 of koop by die deur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Check Also
Close
Back to top button