Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Skrywer stel twee boeke op eie bodem bekend

Sarel Venter het Saterdagoggend sy twee boeke in Pretoria bekend gestel.

Die skrywer Sarel Venter het Saterdagoggend twee boeke, Walk in the Woods en Down Memory Lane by Rosemary Hill in die ooste van Pretoria bekend gestel.

Venter, wat sowat 30 jaar gelede na Amerika geëmigreer het, het vanjaar vir die eerste keer na SA teruggekeer om sy boeke op sy tuisgrond bekend te stel.

Die twee boeke is ‘n samestelling van kortverhale wat hy sowat twee jaar gelede begin skryf het.

Venter het sy eerste storie in 2012 geskryf nadat hy met vakansie in Hawaii was. Hier het hy ‘n liefde vir skryf ontdek en dit ontwikkel deur daagliks ’n nuwe storie op sy Stories by Sarel-Facebookblad te publiseer.

Venter het later besluit om dié stories, wat onder meer oor sy persoonlike sieninge, gebeurtenisse in sy lewe en die lesse wat hy daaruit geleer het handel, in ‘n boek saam te stel.

Hy is ook besig om aan nuwe Afrikaanse kortverhale oor sy familiegeskiedenis tydens die Anglo-Boereoorlog te skryf wat volgende jaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees bekendgestel sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Check Also
Close
Back to top button