Moot kuier saam vir Cansa

Inwoners van die Moot het Saterdagoggend ‘n markdag vir kankerlyers gehou.

Die Rietfontein-familiemark ten bate van Cansa (SA se kankervereniging) was vanjaar weer ’n reuse sukses met inwoners wat van vroeg af reeds daarheen gestroom het.
Die mark, wat by Tipuana-tussenhuis vir kankerlyers in die Moot gehou is, het onder meer ‘n verskeidenheid kos, lekkernye en vermaak aan besoekers verskaf en het gesorg dat niemand met leë hande huis toe gaan nie.
Die Relay for Life- span het besoekers se hare gekleur en geskeer en daar is ook ’n bootcamp gehou om geld vir kankerlyers in te samel.
Volgens die organiseerders is die markdag ten bate van bewusmaking oor Cansa gehou, omdat baie mense nog nie bewus is van die organisasie en wat hulle doen nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version