Charlize bring hulde aan musiekikone

Begaafde sanger Charlize Berg het Donderdagaand gewys sy kan by enige van die grootste name in die musiekwêreld kers vashou.

Charlize Berg het wéér gewys dat plaaslike sangtalent nie vir internasionale sangsensasies hoef terug te staan nie.

Sy het aanhangers Donderdagaand by die Atterburyteater meegevoer toe sy haar Tribute to the Greatest Voices-vertoning afgeskop het.

Dié Ghoema-, Tempo- en Sama- genomineerde sangsensasie het tydens die vertoning hulde aan verskeie musiekikone deur die dekades gebring deur onder meer liedjies deur Celine Dion, Barbara Streisand, Bonnie Tyler, Whitney Houston en Mariah Carey uit te voer.

Hier het sy gewys dat sy by enige van die grootste name in die musiekwêreld kan kers vashou.

Bekendes soos die akteurspaartjie Altus Theart en sy vrou Zetske van Pletzen en bekendes soos Armand Hofmeyr en Jak de Priester het ook hul verskyning gemaak.

Charlize se Tribute to the Greatest Voices-vertoning sal landwyd by teaters draai.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version