Jaarlikse kermis skep feeslike atmosfeer

Vind uit hoe die mense van Laerskool Pierneef kermis hou

Laerskool Pierneef het Saterdag hul jaarlikse kermis gehou wat talle mense betrek het.

Die kermis word al vir meer as 20 jaar op die skool se terrein gehou. Die kermis het ’n buitelug tema

waarby die kermisgangers verskeie stalletjies besoek het en kinders kon springkasteel spring en op ‘n

mechanical bull ry.

Die rugbyveld het gewemel met mense op soek na boereworsrolle, hamburgers, pannekoeke en verskeie

warm drankies wat al vroegoggend te koop was.

“Dit is ‘n fantastiese geleentheid en dit stimuleer betrokkenheid. Dit is een van die skool se twee groot

geldinsamelingsprojekte in die jaar,” het Frik Greyling, die skoolhoof, gesê.

Hoewel dit koud was het daar nogs steeds ‘n lekker gees onder die mense geheers en het almal dit geniet.

Rika van Wyk, een van die skool se sekretaresses het beklemtoon, “Al wat familie en vriend is, is hier.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version