Gemeente reik uit met warm harte

Winterdag hou mense nie weg van karnival.

NG­kerk Magalieskruin het Saterdag hul jaarlikse karnival gehou waar nie net die gemeente nie, maar die hele gemeenskap deelgeneem het aan ’n dag vol pret en feestelikheid.

Die mense het van vroeg af verskeie stalletjies besoek vir pannekoek, kerrie­en­rys en het tou gestaan vir die ponieritte, boogskiet, rekspring en selfs ’n mechanical bull.

Norman het aan die kinders pret verskaf waarna Alicia van Dyk gesing en ook fluit gespeel het.

Daar was ook omtrent 200 kinders van verskeie kinderhuise wat op motorfietsritte om die blok geneem is.

Dominee Johan Olivier, een van die hooforganiseerders, het beklemtoon dat dit altyd belangrik is om die gemeenskap te dien en was positief dat so baie mense die karnival bygewoon het.

Die geld wat tydens die karnaval ingesamel is, word vir gemeenskapsprojekte gebruik. Martin Barnard, wat al sewe jaar betrokke is, het gesê, “Dit is iets wat ons in die gemeente kan terugploeg.”

Walrie Smith, ’n lid van NG­kerk Magalieskruin het gesê dat dit ook die perfekte geleentheid is om nuwe mense te ontmoet. Die snuffelhoek was een van die mees populêre stalletjies en volgens Devin Smith, ’n leerling aan Hoërskool Magalies, was dit die lekkerste dag ooit.

“Hier is so baie dinge om te doen en dis lekker,” het Lorinda Hdlam, ’n nuwe lid van die gemeente gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version