Opvoering boei en verras gehoor

Musiekliefhebbers het Vrydagaand ‘n opvoering deur ‘n geliefde susterspaar van Namakwaland by die Pierneef-teater geniet.

Wat begin het as ‘n nostalgiese reis van twee sangers het geëndig met ‘n man op sy knie en ‘n ring in sy hand.

Musiekliefhebbers het die afgelope Vrydagaand by die Pierneefteater aan die susterspaar Lelanie en Suzanne se lippe gehang. Teatergangers is op ‘n musikale reis deur die kinderjare in Klawer, Namakwaland van dié twee susters geneem.

Wat niemand egter kon voorspel nie, was dat Suzanne se kêrel, Wian, sy meisie teen die einde van die vertoning sou vra om met hom te trou.

Die Pierneef-teater nooi die publiek uit na Jak de Priester se winterkonsert op 11 Junie. Kaartjies kos R100. Navrae: 012-329-0709.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version