Villieria basaar bied mnr. en mej. Glits en Glamour 2014

Laerskool Villieria het onlangs die mnr. en mej. Glits en Glamour aangebied by 'n basaar.

Laerskool Villeiria het Saterdag gasheer gespeel vir die Herformde-kerk Villeiria se basaar.
Die geleentheid het nie net verskeie stalletjies met alles van pannekoek en hamburgers tot tuisgemaakte juweliersware gehad nie, maar het ook die mnr. en mej. Glits and Glamour 2014-kompetisie aangebied.
Gary Forwood, die seremoniemeester, het die skare laat lag en die deelnemers van die kompetisie bekendgestel. Die kompetisie, wat dogters en seuns ingesluit het, was verdeel in vier kategorië, 3-6 jaar, 7-12 jaar, 13-17 jaar en 18+ jaar en ‘n manlike en vroulike wenner, sowel as twee naaswenners is in elke kategorie gekies.
Een van die naaswenners van die 18+ jaar-afdeling, Chanré Venter, het vir die skare gesê dat Villeiria ‘n wonderlike woonbuurt is. “Ons is ‘n baie hegte gemeenskap en dit is die lekkerste buurt om in te woon aangesien dit baie veilig is. Ek woon al my hele lewe in Villeiria,” het Venter gesê.
Die mnr. en mej. Glits and Glamour het vir groot opwinding gesorg, met deelnemers van regoor Pretoria.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version