EntertainmentInnibosLifestyleWat's nuus

Beste van Ses Snare by Innibos

Die Snare het besluit om met dié nuwe program al hulle musikale talente uit te stal – as kitaarspelers, as sangers en harmoniseerders.

Ses Snare is weer terug by Innibos. Twee jaar gelede was Ses Snare sing the Beatles reeds twee weke voor die fees uitverkoop. In hierdie program het dié begaafde musikante besluit om die beste liedjies van die afgelope sewe jaar weer af te stof in die nuwe program Beste van Ses Snare.

Feesgangers kan uitsien na liedjies van Michael Bublé, Paul Simon, Neil Diamond, The Beatles, Queen, The Eagles, Stef Bos, Johannes Kerkorrel, Karen Zoid en Fokofpolisiekar.

Sien uit na ’n voetkielie boeremusiek-medley van Hansie Roodt en Nico Carstens, maar ook ’n hele klompie nuwe liedjies.

Die Snare het besluit om met die nuwe program al hulle musikale talente uit te stal – as kitaarspelers, as sangers en harmoniseerders, maar ook as spelers van heelparty ander instrumente as waaraan getroue Snare-aanhangers gewoond geraak het. Gehore kan dus ’n program met ’n ongelooflike verskeidenheid te wagte wees.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button