‘Dankie Steve’ konsert lok duisende

Hofmeyr is met ’n FAK-prestigeprys vir die bevordering van Afrikaanse musiek die afgelope drie dekades vereer.

Sowat 2 000 mense het Donderdagaand by die Voortrekkermonument se amfi-restaurant in Pretoria bymekaar gekom om Steve Hofmeyr te vier.

Hofmeyr is met ’n FAK-prestigeprys vir die bevordering van Afrikaanse musiek vir die afgelope drie dekades vereer tydens ’n Dankie-sê-konsert.

Steve Hofmeyr en Danie Langner. Foto: Theana Breugem

Hy het die verhoog met Jak de Priester, Monique Steyn, Pieter Smith, Dewald Wasserfall en Demi Lee Moore gedeel.

Die kunstenaars het ook hulde aan Hofmeyr gebring deur van sy liedjies te sing.

ALSO READ: Steve Hofmeyr ‘will perform at Afrikaans is Groot

’n Video wat Hofmeyr se lewe en loopbaan opsom, asook videos van Carike Keuzenkamp, Johan van Rensburg en sy vrou, Rina Hugo, waar hulle huldeblyke aan hom lewer, is op groot skerms gewys.

Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het in sy toespraak spottenderwys gesê Bruce Beyers het ’n suksesvolle loopbaan begin as ’n Afrikaanse sanger en akteur onder die skuilnaam Steve Hofmeyr. Hofmeyr het in die 1980’s dié rol vertolk in die rolprent Agter elke man.

Tiaan Behr. Foto: Reitumetse Mahope
Fred van Niekerk en Sarina Frauenstein. Foto: Reitumetse Mahope

“Ons weet hensop, oorgee, onderdanig, jabroer, kniebuig, kuddedier, massamens en lafaard was nooit deel van Bruce Beyers se mondering nie en is nog minder deel van Steve se woordeskat,” sê Langner.

“Op ’n unieke manier verteenwoordig Steve die onverskrokke waagmoed, besliste dryfkrag en voor-op-die-wa hardkoppigheid van Afrikaners. Hy gee inhoud aan woorde soos vasstaan, opstaan, sterk staan.”

ALSO READ: Die FAK vereer Steve Hofmeyr

Langner sê: “Niemand kan wegredeneer dat hy verskriklike diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap het nie.”

“Die FAK gee as kultuurorganisasie vir Steve erkenning vir sy bydrae tot die kultuur. Ons beoordeel nie die persoonlike standpunte van die kunstenaars aan wie ons erkenning gee nie, maar ons voel baie sterk daaroor dat ons erkenning moet gee waar dit verdien word. Behalwe dat die huldiging ’n dankie is vir Steve se kultuurbydrae, is dit ’n baie duidelike “ja” en ook ’n baie duidelike “nee”, sê Langner verder.

M. Schlebusch. Foto: Reitumetse Mahope
Wihann Eloff, Liche en Selma Bester. Foto: Reitumetse Mahope

“Dit is ’n ja vir vryheid van denke, vryheid van spraak, die reg om jou standpunt te mag stel en vir oop gesprek. Maar dit is ook ’n nee teen sensuur.”

Hofmeyr sê dit was ’n stormagtige drie dekades.

ALSO READ: TMPD vehicle overturned by protesters fake news

“Ek dink baie mense lees my verkeerd. Ek wil eintlik net sing. Ek wil kompeteer en dig, toneelspeel en ’n bietjie toer. Ek vra min. Ek vra om weer ’n sanger te word en nie saans te huil oor die lot van ons mense nie,” sê hy.

“Voor ek doodgaan, wil ek weer ’n boerseun wees wat sy volksliedjies mag sing en sy vlag mag wapper. Ek is nie ’n goeie boekhouer nie – ek is so sleg om my woorde te tel.”

Cobus Loggenberg and WD Malherbe. Foto: Reitumetse Mahope

Die FAK gee sedert 1937, toe die eerste FAK-Sangbundel bekendgestel is, erkenning aan Afrikaanse kunstenaars.

Die afgelope paar jaar gee die FAK erkenning aan verskeie Afrikaanse kunstenaars wat sedert die tagtigerjare ’n reuse bydrae gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

ALSO READ: Spot fake news, stop fake news! Clicklaw tells you how

Hofmeyr is sedert 1986 in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, waar hy 30 CD’s in Afrikaans en Engels sedert 1989 uitgereik en in 10 rolprente gespeel het.

Hy het al meer as 200 Afrikaanse liedjies, waaronder vir homself en verskeie ander kunstenaars, geskryf en opgeneem.

Hy het al 10 boeke gepubliseer, en in verskeie dramaproduksies en sepies soos Agter elke man, Egoli en 7de Laan opgetree.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version