GalleriesSchools galleries

Monties o.14A-Netbalspan #2 in Gauteng

Sondag troef hulle Linden met 14-13 en dring deur na die kwart-finaal waar hulle Kempton Park wen met 11-10.

Hoërskool Montana se o.14A-netbalspan het die afgelope naweek geskiedenis gemaak toe hulle as naaswenners geëindig het by die Gauteng Kampioenskappe.

Hiermee hul uitslae van die twee dae se wedstryde:

Saterdag het hul teen Marais Viljoen (17-15) en Sunrise (30-4) gewen, maar verloor teen Afrikaans Hoër Meisies Pretoria (5-12).

Sondag troef hulle Linden met 14-13 en dring deur na die kwart-finaal waar hulle Kempton Park wen met 11-10.

Monties is in die top 4 Gautengspanne en kwalifiseer vir die SA Skole-kampioenskappe.

Tydens die semi-finale ronde wen hul Eldoraigne met 16-11, maar verloor teen AHMP 7-28.

Monties eindig algeheel tweede in Gauteng en verwerf silwer.

Volgens hul afrigter, mnr. Dawie du Plessis, is die rede vir die span se sukses, die volgende: geloof – hulle weet waar hul krag vandaan kom – vertroue en respek vir mekaar, harde werk en hul groot harte. Opgee is geensins ’n opsie nie.

Baie geluk aan die dogters en hul afrigter met hierdie uitsonderlike prestasie.

Hulle neem vanaf 18-21 Julie deel aan die SA Skole-kampioenskappe by Hoërskool EG Jansen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button