SKOOL: Ambassadeur en finalis van SA Skole reik uit na gemeenskap

Sy is betrokke by 'n skool-projek om ’n miljoen koeldrankproppies in te samel vir ’n rolstoel.

Lu-Juan Mzyk, 17-jarige Ambassadeur en finalis van SA Skole het onlangs die Mnr en Mej Pretoria-Noord-skoonheidstitel gewen by haar skool.

Haar passie vir liefdadigheid het drie jaar gelede begin toe sy vir DMDC-Fusion gedans het. Die groep dansers pak projekte aan om geld in te samel vir kankerlyers en ander wat hulp nodig het.

Die groep het ook al verskeie kere in die SA Staatsteater en die Jopie Fees opgetree.

Mzyk het ook honderde strikkies gemaak wat sy by die skool verkoop het om geld teen kanker in te samel.

Sy is ook betrokke by haar skool se projek om ’n miljoen koeldrankproppies in te samel vir ’n rolstoel.

Lu Juan Mzyk. Foto: Voorsien
Lu-Juan saam met Annalie Roets en Jan Roets wat hawelose mense help met ’n koppie sop en ’n snytjie brood. Foto: Voorsien
Pretoria Noord se strate met ’n kos- en komberse projek. Foto: Voorsien
Plastiekproppies vir Pretoria-Noord se rolstoelprojek. Foto: Voorsien
Lu-Juan deel sop en eetgoed uit in Pretoria Noord se strate. Foto: Voorsien

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version