SKOOL: Ambassadeur en finalis van SA Skole reik uit na gemeenskap
Sy is betrokke by 'n skool-projek om ’n miljoen koeldrankproppies in te samel vir ’n rolstoel.
Lu-Juan Mzyk, 17-jarige Ambassadeur en finalis van SA Skole het onlangs die Mnr en Mej Pretoria-Noord-skoonheidstitel gewen by haar skool.
Haar passie vir liefdadigheid het drie jaar gelede begin toe sy vir DMDC-Fusion gedans het. Die groep dansers pak projekte aan om geld in te samel vir kankerlyers en ander wat hulp nodig het.
Die groep het ook al verskeie kere in die SA Staatsteater en die Jopie Fees opgetree.
Mzyk het ook honderde strikkies gemaak wat sy by die skool verkoop het om geld teen kanker in te samel.
Sy is ook betrokke by haar skool se projek om ’n miljoen koeldrankproppies in te samel vir ’n rolstoel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.