SKOOL: Mnr en Mej Kasparie en Lynnie 2018

Die tema was "Lynnies op Safari".

Op Vrydag, 20 April het Laerskool Lynnwood Mnr en Mej Lynnie plaasgevind.

Die tema was “Lynnies op Safari”. Graad 4-7 leerders het hul pragtig opgemaak en vermom soos Afrika-diere of selfs wildbewaarders.

Dewald Wasserfall (sanger), Ampie (sanger en liedjieskrywer), Lynné de Jager (Mev SA 2011), Nastassja Pretorius (Getroud met Rugby aktrise), Inge Viljoen (Womens Health Fitness star 2017) en Herman Rolfes (o.19 Protea Krieketspeler) was die beoordelaars.

Dewald en Ampie het ook gesing en die Lynnies lekker in die saal laat hop.

Die graad 1-3 leerders het aan die Mnr en Mej Kasparie deelgeneem.

Sarari Outdoor Lynnwood Bridge, was ons grootste borg vir die dag. Die Dagbestuur (graad 7 leiers) en ouers het die funksie aangebied en tot die vermaak bygedra met ’n dansie.

Baie geluk aan die wenners:

Mnr en Mej Kasparie: Linka Lamprecht (gr. 1) en Derik Lamprecht (gr. 3) – toevallig boetie en sussie.

Mnr en Mej Lynnie: Mia de Waal (gr. 4) en Eric Lubbe (gr. 7).

Mnr en mej Kasparie: Linka Lamprecht (gr. 1) en Derik Lamprecht (gr. 3). Foto: Voorsien
Eric Lubbe. Foto: Voorsien

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version