SKOOL: Laerskool Wierdapark – Die rugby en netbal super 12 algehele wenners

Al vier die spanne wen hul semi-finale wedstryde en dring deur na die finale.

Wierdapark is vir die twaalfde agtereenvolgende jaar as die beste netbalskool gekroon en hul rugbyspanne het ver bo die ander Pretoria-skole geëindig.

Laerskool Wierdapark se netbal het tydens die uitspeelwedstryde op Saterdag, 14 April meegeding. Die o.10A, o.11A, o.12A en o.13A het agt uit agt wedstryde gewen, waarna hulle na die semi-finaal op 19 April by die LC de Villiers-stadion deurgedring het.

Al vier die spanne wen hul semi-finale wedstryde en dring deur na die finale.

Ons o.13A en o.11A netbalspanne behaal ’n tweede plek. Ons o.10A en o.12A netbalmeisies wen Super 12!

Die rugby het algeheel tweede geëindig in die A-Bond Super 12 prestige-toernooi.

Uit die 16 wedstryde het Laerskool Wierdapark 12 gewen. Die rugbyspanne het een silwermedalje huis toe gebring en twee bronsmedaljes.

Wierdapark is baie trots op ons rugby- en netbalafrigters vir al hul harde werk en ure.

’n Skool kan net dankie sê vir leerders wat so toegewyd is teenoor hulle sport, en wat wil! Ons Wiere-harte bars van trots!

Laerskool Wierdapark se rugbyspan.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version