SKOOL: Atlete presteer hulself uit by kampioenskappe

Hulle presteer behoorlik op die atletiekbaan en -veld.

’n Mens sou dink dat die atletiekseisoen van 2018 lankal reeds verby is, maar vir die atlete van Hoërskool Zwartkop is dit nog nie die geval nie.

En hulle presteer behoorlik op die atletiekbaan en -veld.

Die volgende atlete het aan die Gauteng-skolebyeenkoms deelgeneem en is ook ingesluit by die Gautengspan wat aan die SA Skole-kampioenskap gaan deelneem:

• Gawie Louw (1ste in 400m met ’n tyd van 46:86s)

• Leandi Conradie (1ste in spiesgooi)

• Caleb Beukes (2de in die 3 000m hindernis-item)

• Danica Strydom (2de in 400m hekkies)

• Mckyla vd Westhuizen (4de in spiesgooi)

Die SA Skole-kampioenskap het vanaf 22 tot 24 Maart plaasgevind te Potchefstroom. Die uitslag van hierdie byeenkoms het vir uitmuntende prestasies gesorg.

• Leandi Conradie het 6de geëindig in spiesgooi dogters o.15 met ’n afstand van 39.41m.

• Danica Strydom behaal ’n 3de plek in die 400m hekkies dogters o.17 met 62:44s.

• Caleb Beukes eindig in die 4de plek met sy tyd van 9:37:08s in die 3 000m hindernis seuns o.19.

• Ons eie Usain Bolt, Gawie Louw, wen die 400m wedloop vir seuns o.19 met ’n tyd van 47:00s.

Vanaf 5 tot 7 April het die volgende Zwarrie-atlete aan die ASA jeug- en juniorkampioenskap gaan deelneem in die Paarl en weereens vir almal gewys waarvan hulle gemaak is.

• Caleb Beukes behaal ’n 6de plek in die junior 3000m hindernisitem met ’n nuwe persoonlike beste tyd van 9:35s.

• Jeanette Louw wen ’n silwermedalje as lid van die Atletiek Gauteng-Noord span in in die 4x100m aflositem.

• Robbie Louw word vereer met ’n bronsmedalje in die jeugafdeling vir spiesgooi met ’n nuwe persoonlike beste van 66.36m.

• Danica Strydom verower ’n bronsmedalje in die jeugafdeling vir die 400m hekkies en eindig ook 5de in die 400m-item met ’n persoonlike beste tyd van 56:73s. Sy ontvang ook ’n silwermedalje as lid van die Atletiek Gauteng-Noord span vir die 4x400m aflositem.

• Gawie Louw wen ’n silwermedalje vir die 400m junior mans-item met ’n nuwe persoonlike beste tyd van 46:43s – ’n A-kwalifiserende standaard vir die wêreld juniorkampioenskap. Hy ontvang ’n goue medalje as lid van die Sentraal-Gautengspan in 4x400m aflos en is ook by die SA-span ingesluit wat aan die Suid-distrikkampioenskappe gaan deelneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version