Tehuis vir bejaardes in die noorde vier 44 jaar

Die tehuis huisves 172 inwoners, met enkeles wat nog gesond en sterk genoeg is om aan fisiese aktiwiteite deel te neem.

’n Tehuis vir verswakte bejaardes in die noorde van Pretoria vier vanjaar 44 jaar vandat hulle hul deure oopgemaak het.

Huis Hermon is gevorm om ’n verskil te maak aan die groot nood onder ouerwordende mense in die sestigerjare.

Die verjaarsdag is Saterdag met ’n opwindende potjiekoskompetisie gevier, waar mense verskeie stalletjies met pannekoek, roomys en koek ook kon geniet.

Huis Hermon is onsettend dankbaar vir elke jaar van bestaan, juis omdat die tehuis ’n moeilike begin gehad het.

Die tehuis huisves 172 inwoners, met enkeles wat nog gesond en sterk genoeg is om aan fisiese aktiwiteite deel te neem.

Vanjaar se potjiekoskompetisie was ’n ongelooflike bederf vir die inwoners aangesien talle van hulle kamergebonde is en selde die kamer verlaat om ’n sosiale geleentheid te geniet.

LEES OOK: Noord-ouetehuis vier 30e verjaarsdag

Huis Hermon kry sy naam van Ds. Martiens van der Walt, wat ’n geweldige groot rol gespeel het in die opening van die tehuis.

Ds. Van der Walt het Israel besoek, en die sneeubedekte berg Hermon gesien.

Die wit top van Hermon het hom laat dink aan grys hare en warm harte en dis hoe die tehuis sy naam gekry het.

Die feesviering was volgens bestuur ’n reuse sukses met die inwoners wat klaar nie genoeg kan uitsien na volgende jaar se beplanning en partytjie nie.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version