Gospelfees voorsien vir minderbevoorregtes

‘n String prominente sangers het die besoekers vermaak met lieflike liedere.

’n Opwindende fees om broodnodige hulpmiddels aan die minderbevoorregte gemeenskap in die noorde te voorsien, was die afgelope naweek ’n reuse sukses.

Die Gemeente van Christus in Pretoria-Noord se GVC Gospelfees het honderde mense van regoor Pretoria gelok, met talle wat uitgesien het na die verskeie boeresportsoorte, potjiekoskompetisies en nog baie meer vermaak.

LEES OOK: Gospelfees in Pretoria om die draai

Die gemeente bestaan al sedert 1955 en is daagliks betrokke by inisiatiewe om die gemeenskap te verbeter.

’n String prominente sangers het die besoekers vermaak met lieflike liedere.

Jo Black, Onbeskaamd, Ablaze en vriende, Leon Goosen en Jay Paul was onder meer te sien.

Verskeie akteurs van die gewilde Afrikaanse sepie Binnelanders het ook die dag bygewoon.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version