GALLERY: Afrikaanse “rocker” vermaak in die ooste

Karen Zoid laat gehore saamsing as deel van GauFestival.

Suid-Afrika se eie “rock chick” Karen Zoid het vir die eerste keer in ’n lang ruk teruggekeer na Pretoria vir die eerste GauFestival wat nou in volle swang is.

Zoid en haar vier orkeslede het ’n vol Atterbury-teater Dinsdagaand vermaak. Die optrede was ook deel van haar drie dae-lange toer aan Pretoria.

ALSO READ: Karen Zoid & Francois van Coke: Toe Vind Ek Jou

Zoid, bekend vir liedjies soos Afrikaners is plesierig, As musiek begin speel en Vir Liefde, het van haar ouer gunstelinge sowel as nuwe treffers gesing.

Bekend vir rock musiek, het Zoid nie net jonger gehore gelok nie, maar gehore van alle ouderdomme.

Zoid se aktualiteitsprogram Die Republiek van Zoid Afrika het hierdie blonde sangeres se populariteit ’n ander vlak ingestuur.

Die satiriese liedjie Sweetpakbroek, wat uit hierdie program ontstaan het, het die gehoor op hulle voete gehad om saam te dans.

’n Staande gehoor het Zoid teruggeroep verhoog toe en Zoid het met die trefferlied Sonvanger die vertoning afgesluit.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version